Afrikaans en Nederlands 2 explores the academic study of prose, poetry and drama (including media texts). Specific focus areas such as gender, engaged literature, texts for film and television, popular fiction, the history of Afrikaans, ecology and postcolonialism are covered. Students are also introduced to Dutch language and literature as an invaluable and easily accessible entry point to the exploration of international culture and intellectual currents. Basic narratology is a fundamental part of the course.
Entrance requirements: Students must be 2nd-year level students and should usually have passed at least two 1st-year Humanities subjects and have passed Afrikaans as Home or First Additional Language at Matric level.
Kursussamestelling in 2021
Eerste semester
- KORT VOOR LANK
Afrikaanse kortprosa en narratologie
14 lesings
Hoe lees ‘n mens prosa? Daaroor kan kortverhale ons baie leer. In hierdie kursus lees en bespreek ons ? verskeidenheid kortverhale uit die Afrikaanse kanon. Ons maak kennis met narratologiese elemente soos vertelperspektiewe, karakters, ruimte en dialoog. So kom ons agter hoe verhale aanmekaargesit is en hoe ons hulle kan ontleed om ons leeservaring interessanter te maak. Ons kry ook ‘n beeld van hoe die Afrikaanse prosa oor die afgelope honderd jaar ontwikkel het.
Tekste word verskaf.
- HOE RYM DIT?
Inleiding tot die Afrikaanse poësie
14 lesings
Hoe “werk” poësie? Hier ondersoek ons die taal van poësie. Ons leer gedigte lees, interpreteer en ontleed. En ons kom agter dat dit nie altyd rym nie.
Tekste word verskaf.
- OP DIE PLANKE
Afrikaanse verhoogdrama
12 lesings
- AGTER DIE SKERMS
Tekste vir radio, televisie en film
10 lesings
Ons ontdek hoe films, tv-dramas en radioverhale ook “gelees” word en kyk hoe lyk die tekste wat deur skrywers vir dié media geproduseer word.
Tekste word verskaf.
- SPOKE EN TOWENAARS
Magiese realisme en die nuwe plaasroman
8 lesings
Op die plaas Toorberg kan die voorgeslagte nie tot ruste kom nie. Want ‘n boormasjien raas en grou onverbiddelik tot diep onder die heilige grond – terwyl ‘n vreemde magistraat die sondes van die Moolman-familie oopvlek.
Voorgeskrewe teks: Etienne van Heerden, Toorberg
Tweede semester
- ´n BRUG TUSSEN AFRIKA EN EUROPA
Inleiding tot Nederlandse taal en kultuur
12 lesings
Tekste word verskaf.
- KÔ LAAT ONS SING
Afrikaanse pop en rock
12 lesings
Tekste word verskaf.
- Vrouestemme in die Afrikaanse literatuur
18 lesings
In hierdie kursus maak ons kennis met Afrikaanse prosa en poësie wat geskryf is deur vroue. Die belangrikste stemme se bydraes tot die Afrikaanse letterkunde word bespreek na aanleiding van relevante teoretiese begrippe, temas en motiewe. Dit sluit in historiese, sowel as hedendaagse relevante onderwerpe.
Voorgeskrewe tekste sal later bekend gemaak word.
- OP SOEK NA DIE SELF: ETIENNE LEROUX SE SEWE DAE BY DIE SILBERSTEINS
6 lesings
Die jong Henry van Eeden bring sewe dae deur op die weelderige wynplaas Welgevonden, wat behoort aan die familie van sy aanstaande bruid Salome Silberstein. Die besoek is veronderstel om Henry in te lyf in die leefwyse van die Silbersteins en die geheimsinnige kuns van wynmaak. Elke aand woon hy die een uitspattige, absurde partytjie na die ander by, en dít bied die agtergrond vir Henry se oorgang van onkunde en onskuld tot bewustheid, asook sy inisiasie in die kompleksiteit van goed en kwaad.
Voorgeskrewe teks: Etienne Leroux, Sewe dae by die Silbersteins
- LITERATUUR VAN DIE LAE LANDE
Inleiding tot die lees van Nederlandstalige tekste
11 lesings
Tekste word verskaf.
Last Modified: Thu, 12 Dec 2024 13:31:17 SAST